Julie (4) Nuusbrief nr. 98

HISTORIESE MYLPAAL VIR HELPENDE HAND
Deur Danie Langner

Na meer as ‘n jaar se soektog is Marita Enslin as Solidariteit Helpende Hand se eerste maatskaplike werker aangestel. Sy het ‘n baie ondervinding en wysheid en sy sal groot waarde tot Helpende Hand kan toevoeg. Marita se loopbaan sluit die volgende in:

  • Sy was ‘n dosent by Tukkies in maatskaplike werk vir groepwerk en gemeenskapsontwikkeling;  
  • Sy was betrokke by die opstel van die Kinderwet;
  • Sy was by die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) in Polokwane betrokke by gesinsontwikkeling, huweliksberading en opleiding van studente as maatskaplike werker;
  • Sy was die bestuurder van die CMR se kantore in Daspoort, Moot en Pretoria-Wes waar sy ook verantwoordelik was vir werkskeppingsprojekte en gemeenskapsontwikkelingsprogramme soos groentetuine en voedingskemas. Sy het hier baie ondervinding opgedoen oor die witarmoedevraagstuk; en
  • Haar laaste pos was as hoof van die SAVF se kinderhuis in Belfast.

Lees meer.

 

Bestuurder: Voortrekkermonument en VTM Projekte (Edms) Bpk

Die Voortrekkermonument en natuurreservaat sowel as Bloedrivier en Kerkenberg is bekend as ’n sentrum van uitnemendheid – nie net as besienswaardigheid nie, maar ook as erfenisterrein. Tot onlangs het die bestuur van die Erfenisstigting ook hieronder geval. Die huidige hoof uitvoerende beampte van die Voortrekkermonument is egter vanaf 1 Augustus 2011 as besturende direkteur van die Erfenisstigting aangestel. ‘n Bestuurder moet vervolgens by die Voortrekkermonument en VTM Projekte (Edms) Bpk aangestel word.

Klik hier om meer oor die vakante pos te lees

Hoof: Kommunikasie
Kloofsig, Centurion

Die pos is by ‘n nie-winsgewende organisasie wat in Kloofsig, Centurion gebaseer is. Om vir die pos te aansoek te doen benodig jy ‘n toepaslike kwalifikasie plus minimum vyf jaar bestuurservaring binne ‘n kommunikasieomgewing. Ervaring en kennis in gemeenskapsbetrokkenheid en -ontwikkeling sal in jou guns tel.  Lees meer

Klik hier om meer oor die vakante pos te lees

 

Beeld By:
KOMPETISIES VIR KINDERS WAT MET DAAD BEELD VERSKIL MAAK

Radio Pretoria: 
Marietjie Smit van Solidarteit Helpende Hand, praat oor die entrepreneurs kursus wat geimplementeer is saam met die Universiteit van Pretoria om mense van die Aurora myn te help. 
Klik hier en luister verder.

Brakpan en Sasolburg kleuterpartytjies
Deur Juanita du Preez

Gedurende Junie het Helpende Hand se takke in Brakpan en Sasolburg die harte van behoeftige kleuters in dié onderskeie omgewings warm laat klop met kosblikkiepartytjies. Die kosblikkiepartytjies is deel van die landswye projek waartydens behoeftige kleuterskole van kosvoorraad en gebalanseerde spyskaarte voorsien word.

Die Sasolburg-tak het ‘n partytjie by Kinderland Kleuterskool gehou. Tydens die geleentheid is kosblikkies, leesboekies, legkaarte, klei, ballonne en eetgoed aan die kleuters uitgedeel.

Die Brakpan-tak het die Muriel Brand kleuterskool vir gestremde leerders onder hulle vlerk geneem. Tydens die partytjie is 54 kosblikkies en snoepgoed aan die kleuters uitgedeel. Selfs die onderwyseresse het elkeen ‘n eetdingetjie ontvang.

Lees meer.

Afrikaanse Beursinstituut gaan van krag tot krag
Dinah Theron, senior bestuurder: Afrikaanse Beursinstituut

Solidariteit Helpende Hand fokus op opheffing deur opleiding en die afgelope jaar het ons beursfondse fenomenale groei getoon. Die groei het daartoe gelei dat ons 509 van die 1 100 aansoekers kon help. Ons is dankbaar teenoor elke individu, firma en korporatiewe instansie wat tot die groei bygedra het. Ons streef daarna om hierdie jaar elke behoeftige jongmens wat om ‘n beurslening aansoek doen, by te staan om naskoolse opleiding te ontvang.

Ons is opgewonde oor die uitbreiding van Helpende Hand Beroepsleidingsdienste wat aanlegtoetse aan behoeftige jongmense teen kosprys (in sommige gevalle selfs 300% onder markverwante pryse) bied. Studente met potensiaal, maar wat wees omstandighede ‘n emosionele agterstand het, word ook bygestaan ten opsigte van emosionele ontwikkeling en lewensvaardighede. Ons het ook ‘n mentorskapprogram begin vir studente wat uit arm gemeenskappe kom. Met hierdie dienste poog ons om ‘n ondersteuningsplatform te skep wat behoeftige studente, wat soveel struikelblokke moet oorkom, se kans op sukses en prestasie vergroot.

Die sluitingsdatum vir beursaansoeke vir volgende jaar is 31 Oktober 2011. Ons verwag hierdie jaar ‘n rekordgetal aansoeke.

Helpende Hand is ook besig om op ander gebiede ‘n verskil te maak. Die Kosblikkieprojek, wat gerig is op die verligting van die nood van Afrikaanse kleuterskole in arm gemeenskappe, is goed op dreef. Lees meer.

Skenkingskantoor bied hulp aan ander opheffingsorganisasie
Deur Juanita du Preez

Eksderde is reeds die afgelope 13 jaar by geestelike opheffingswerk in die gemeenskap betrokke. Hulle bied maandelikse kampe vir mans en vroue en jeugkampe tydens skoolvakansies aan.

Eksderde se slagspreuk is: God is eerste, my medemens is tweede en ek is derde. Dié boodskap word tydens kampe en seminare deur verskeie sprekers oorgedra. Ander temas soos die skeppingsdoel, emosionele bagasie en geregtigheid word ook hanteer. Ná elke sessie word die temas in kleiner groepe bespreek. Die organisasie se visie is om mense uit hulle alledaagse lewe te neem en hulle toe te rus en te motiveer om uiteindelik familiestrukture en verhoudings te herstel.

Tydens die kampe word die behoeftiges in die groepe diskreet geïdentifiseer en van basiese lewensmiddele voorsien. Nico Botha, verteenwoordiger van Eksderde, het onlangs Helpende Hand se skenkingskantoor bedank vir die klere, speelgoed en kos wat weekliks voorsien word vir hierdie doel. Heelwat van die behoeftiges waarby Helpende Hand betrokke is, woon die organisasie se kampe by.

Eksderde doen verder opheffingswerk deur behoeftige kinders op ‘n vakansie by die kus te neem. Wanneer die kinders met vakansie is, het die ouers die geleentheid om aan hulle huwelik te werk.

Vir meer inligting oor Eksderde se kampe besoek www.eksderde.co.za of skakel Nico by 083 660 1458. Lees meer.

Algemene uitnodiging - Helpende Hand Kongres op 9 Augustus

Solidariteit Helpende Hand hou op 9 Augustus 2011 ʼn vrouekongres in Bloemfontein.

Tydens hierdie kongres gaan eretoekennings oorhandig word aan Afrikaner vroue wat gedurende die 20ste eeu ʼn uitmuntende bydrae tot die ontwikkeling van die Afrikanererfenis op kulturele, geestelike en maatskaplike vlak gelewer het.

Die rol wat die Afrikanervrou gespeel het in die deurbreking van die armoede vraagstuk wat gevolg het op die Anglo Boereoorlog en die Groot Depressie loop soos ʼn goue draad deur ons geskiedenis.Hulle was vroue wat skole gebou het in die dor grond wat die Verskroeideaardebeleid agtergelaat het, omdat hulle geweet het hoe belangrik die opvoeding van hulle kinders was; vroue wat liggaam en siel aanmekaar gehou het deur werkskeppingsprojekte te begin toe kos en klere ʼn luukse was; vroue wat deur die eeue heen gesorg het vir die verswaktes en weerloses omdat dit die regte ding was om te doen.

U word hartlik uitgenooi om die geleentheid by te woon.

Plek: Die Vrouemonument, Monumentweg, Bloemfontein
Datum: 9 Augustus 2011
Tyd: 10:30 vir 11:00
RSVP: vena@helpendehand.co.za

Wees deel van hierdie geskiedkundige geleentheid. Bring asb. u eie stoel saam.

Teken in op die nuusbrief

[CONTENT]