#Hoopdraer 2024

In 2023 het ons streeks- maatskaplike werkers opgemerk dat daar 'n toenemende behoefte is aan inligting oor die proses van maatskaplike aanmeldings van die mishandeling en verwaarlosing van kinders, bejaardes en persone met gestremdheid en die gepaardgaande statutêre prosedures. Hierdie behoefte dui op 'n groeiende vraag na duidelike riglyne en ondersteuning vir besorgde gemeenskapslede. Ons het dus besluit om 'n peiling op sosiale media te doen om vas te stel wat die breër publiek se mening is.

In Maart vier ons Maatskaplikewerkersdag en daarom plaas Solidariteit Helpende Hand klem op die maatskaplikewerkberoep en die essensiële rol van maatskaplike werkers in die gemeenskap. Hierdie jaar fokus ons veral op maatskaplike werkers se betrokkenheid by die beskerming van kwesbare groepe, insluitend kinders, bejaardes en persone met gestremdhede. Ons doelwit is om gemeenskapslede met kennis toe te rus en 'n positiewe impak te maak deur bewustheid te kweek, begrip te bevorder en gemeenskapsbetrokkenheid aan te moedig.

Die peiling wys daarop dat die breër gemeenskap onseker is van wat maatskaplike aanmeldings behels, waarom dit die verantwoordelikheid van die gemeenskap is om aan te meld en waar om aanmeldings te maak. Dit is ook belangrik dat die publiek verstaan wat beskerming van kwesbare groepe beteken.

Solidariteit Helpende Hand wil 'n platform skep om die gemeenskap se aandag te fokus op die belangrike rol van die versorging en beskerming van kwesbare groepe. Hierdie veldtog het ten doel om begrip te bevorder van individue se verantwoordelikheid in die gemeenskap en hoe om toe te tree wanneer daar 'n behoefte is om kwesbare groepe te beskerm.

Ons inisieer 'n inligtingsveldtog oor die korrekte stappe tydens die maatskaplike aanmeldingsproses met die doel om helderheid te bring en die nodige ondersteuning te bied. Ons is toegewyd aan die bemagtiging van individue met inligting en begeleiding en wil met hierdie inligtingsveldtog 'n positiewe impak op die gemeenskap maak.

Ons wil gemeenskappe bewus maak van hul waarde in die oë van die Here en hulle aanmoedig om hulle waardes uit te leef. Die veldtog sluit aan by Solidariteit Helpende Hand se tema vir 2024: Waardes wat Werk. Dit roep die gemeenskap op tot 'n aktiewe rol in die ondersteuning van waardegedrewe inisiatiewe.

Artikels

‘n Maatskaplike werker se wonderwerkstokkie of towerstaffie

25 March, 2024

Maatskaplike werkers beleef daagliks dat die publiek ‘n sekere persepsie en/of wanpersepsie het van wat ons rolle, dienste en verantwoordelikhede insluit, met ander woorde van wat ons mandaat is. Dit voel vir my of Jan Alleman dink ons het ‘n wonderwerkstokkie of towerstaffie, want hulle vra of verwag en ons moet net beskikbaar wees en…

Lees meer...

Die hartseer wens van ‘n jong dogtertjie

25 March, 2024

Deur Louise Zitzke: Maatskaplike werker vir Mpumalanga en KZN-Noord In ‘n stil dorp waar geheime en die sagte wind die strate vul, het ‘n dogtertjie oor my pad gekom. Haar oë het ‘n storie van verlies, pyn, en verwaarlosing vertel – ‘n verhaal wat fluisteringe van mishandeling en onsigbare littekens in die wind dra. Ek…

Lees meer...

Wil om te help

25 March, 2024

Maatskaplike werk is ʼn professie. Maatskaplike werkers lewer dienste aan individue, groepe en gemeenskappe. Daar is so baie stereotipes van wat maatskaplike werkers doen. Christia Potgieter, hoof van Solidariteit Helpende Hand se Maatskaplikewerkdienste-afdeling, verduidelik dat die publiek ongelukkig meestal onbewus is van die onmisbare dienste wat maatskaplike werkers in gemeenskappe lewer. Dit sluit onder andere…

Lees meer...

Gee jy reg of verloor jy jou geloof in die mensdom?

25 March, 2024

Gee jy reg of verloor jy jou geloof in die mensdom? As maatskaplike werker sien ek gereeld mense wat swaarkry en hoe die nood al groter raak. In die stede staan daar op elke hoek iemand wat bedel vir kos. Die man se klere is vuil, sy hare verskroei deur die son en sy oë…

Lees meer...

Die krag van HOOP in die maatskaplikewerk professie

25 March, 2024

“En mag die God van HOOP julle vervul met alle blydskap en vrede deur die GELOOF, dat julle oorvloedig kan wees in die HOOP deur die KRAG van die Heilige Gees!” Romeine 15:13 Ons klim vroeg in die kar en ry so ‘n uur na ‘n afgeleë dorpie toe om twee skole te gaan besoek…

Lees meer...

IN DIE SKOENE VAN ‘N MAATSKAPLIKE WERKER

25 March, 2024

Suid Afrika is ‘n land van melk en heuning, maar ook ‘n land waar uitdagings en triomfe hand aan hand stap. In hierdie land stap maatskaplike werkers daagliks deur strate in gemeenskappe wat seer ervaar en poog om hoop te bring, verandering te skep en ondersteuning te bied. Maatskaplike werkers het kennis en vaardighede om…

Lees meer...

Artikel: Marna Swanepoel

25 March, 2024

B-R-A-A-F is ‘n nuwe woord in my Maatskaplikewerkwoordeboek. Dit het baie betekenisse … Wie sou nou kon dink ‘n mens sal so baie van jouself kan leer by ‘n gelukbringer met spiere so groot soos Arnold Schwarzenegger s’n en met ‘n broek wat so styf sit soos my Ouma se tuisgemaakte konfytbotteltjies se deksels. Ek…

Lees meer...

AANMELDING VAN MISHANDELING VAN KWESBARE GROEPE

25 March, 2024

‘n Ideale samelewing sou een wees waar sorg en empatie vir ons medemens die kern is. Wanneer ons na ons kwesbare groepe soos kinders, bejaardes en persone met gestremdhede kyk, is dit van kardinale belang dat ons hulle beskerm en vir hulle ook die geleentheid gee om vry, veilig en voorspoedig in gemeenskappe te kan…

Lees meer...

Uit die dagboek van ‘n maatskaplike werker

25 March, 2024

Bianca Steyn As ‘n maatskaplike werker sit ek met ʼn arsenaal van stories wat sorgvuldig in my binnekant geliasseer is onder “konfidensieel – hanteer sagkens”. Elke nou en dan kry ek die voorreg om uit hierdie liasseerkabinet stories van onthou te gaan haal. Maar goeie onthou … Dit is hierdie stories van goeie onthou wat…

Lees meer...

‘n Beskermende hand vir ons kinders en kwesbares

25 March, 2024

Bianca Oosthuyzen In die skemer van ons samelewing, waar die son se laaste strale die aarde omhul, ontvou ‘n storie oor drie individue. ‘n Klein gesiggie, bleek en hongerig, staar na die leë bord voor hom. Sy maag gor, maar kos is net ‘n verre droom. Hy is die onsigbare kind wat nie sy basiese…

Lees meer...