Embleem

Betekenis van die embleem

Solidariteit Helpende Hand se embleem beeld ‘n kinderhandjie uit met ‘n groen diamant as fokuspunt.

Die oranje handjie is ‘n simbool van Solidariteit Helpende Hand se betrokkenheid by die toekoms van ons kinders. Die groen kleur van die diamant simboliseer nie net groei nie, maar ‘n diamant is ook ‘n kosbare skat waarmee die toekoms oopgesluit kan word.

Die diamant wat Solidariteit Helpende Hand aan ons jongmense wil gee, is die vermoë om goeie opleiding te kan ontvang. Deur goeie opleiding in skaars- en kritiese vaardighede kan enige jongmens in hierdie land ‘n toekoms skep. Die groen diamant is ook simbolies daarvan dat Solidariteit Helpende Hand deel is van ‘n groter Solidariteitfamilie, want die groen diamant en oranje kleur word ook in al Solidariteit se embleme herhaal. Die kleure vertel ook iets van ons verbondenheid aan Suid-Afrika, want elke belangrike Suid-Afrikaanse vlag het groen of oranje in.