Verwysingskompetisie
Solidariteit Helpende Hand is ʼn gemeenskapsinisiatief wat op opheffing deur middel van opleiding as kernfaktor fokus. As ʼn Helpende Hand ondersteuner kan jy nou ook help deur kontakbesonderhede aan ons te stuur van familie en vriende wat ʼn goeie doel wil ondersteun. Ons sal hulle dan deur ons dienssentrum kontak en hulle die geleentheid bied om as ondersteuners aan te sluit.
Voltooi die onderstaande verwysingsbesonderhede en klik op ‘Stuur’.
(Sien meer besonderhede oor die prys en reëls van die kompetisie onderaan die bladsy)
Reëls:
- Alle deelnemers moet ondersteuners van Helpende Hand wees om te kan deelneem. Sluit aan binne een minuut.
- Vyf of meer verwysings is nodig om vir die kompetisie in aanmerking te kom.
- Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees om deel te neem.
- Vervoer sal op eie onkoste gedra word.
- Datums vir gebruik: Gedurende 2012 behalwe gedurende die April en Desember skoolvakansie.
- Die eenhede is selfversorgend.
- Die sluitingsdatum is 30 November 2011. Die wenners sal teen 15 Desember aangekondig word. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.
- Waarde van die kompetisie: R7 000
- Die prys is ʼn vakansie vir ses mense by Santana-vakansieoord: Eenhede voorsien vir ses mense.
- Besoek www.santana.co.za vir meer inligting oor die oord.
- Hierdie kompetisie verskyn op die Helpende Hand webtuiste en duur vanaf 1 September 2011 tot 30 November 2011.
- Geen personeellid van Helpende Hand personeel mag deelneem aan die kompetisie nie.









