VLU Maliveldstreek Nelspruit hou musiekvertoning ten bate van Helpende Hand

Die VLU-tak Querida in die Maliveldstreek in Nelspruit, bied ‘n musiekvertoning aan ten bate van Helpende Hand Witrivier Nelspruit.

Die vertoning is “Singstories” deur Jan-Harm Schutte (Hy doen die weer op Ontbytsake – Kyknet). Die vertoning is ‘n versameling van stories en liedjies wat, volgens Jan-Harm, een hoofdoel voor oë het – om luisteraars weer te herinner aan al die mense, plekke en oomblikke wat hul lewens so spesiaal maak. Dis lekker rustige luisterliedjies wat ons almal ken en kan saam sing. So kom sit terug skop jou skoene uit en kom luister saam na die goeie ou dae.

Ons vertoning vind plaas Saterdag 25 Feb. 2011 by Nelspruit Civic 19:30

Die koste is R100 per kaartjie en die insameling is ten bate van Helpende Hand.

Kontak Nannette Cox by 082 573 7286 of nanette.cox@vodamail.co.za vir besprekings.