Uitnodiging: Word deel van Solidariteit Helpende Hand se beleid van opheffing deur opleiding

Uitnodiging aan die media en publiek

Solidariteit Helpende Hand

13 Februarie 2012

Word deel van Solidariteit Helpende Hand se beleid van opheffing deur opleiding

Helpende Hand is ʼn doen-organisasie wat jongmense voorberei vir die werkende wêreld, ʼn spesifieke fokus op ʼn groot Afrikaanse beursplatform het en idees oor die bekamping van maatskaplike, geestelike en kulturele armoede ontwikkel. Dit word alles breedvoerig beskryf deur die konsep van opheffing-deur-opleiding.

Die uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, het onlangs gesê vir ʼn minderheidsgroep om in ʼn meerderheidsomgewing te oorleef, moet hulle die meerderheid kennis hê. Volgens Dr Danie Brink, die uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, fokus Helpende Hand vanjaar veral op die uitbou van die beursplatform sodat voornemende studente die geleentheid kan kry om hulle te bekwaam om ʼn bydrae tot die ekonomie en hul eie familie te kan lewer.

“By Helpende Hand volg ons ʼn beleid van bemagtiging en opheffing deur opleiding, want ons glo dat dit die beste manier is om armoede uit te roei. Die omvattende dienswaardeketting bied ʼn deurlopende begeleidingsproses wat geestelike, kulturele en maatskaplike armoede aanspreek en ʼn kleuter, kind, student en jongmens uiteindelik help om voor te berei vir die wêreld van werk,” sê hy.

Helpende Hand wil Afrikaanssprekendes reeds van kleuterstadium met die Kosblikkieprojek, in graadeen met die Skooltassieprojek en regdeur hulle skoolloopbaan met skool- en beroepsleiding tot ʼn naskoolse beurslening ontvanklik maak vir die geleentheid van werk, sodat hulle kan bydrae tot die ekonomie en die armoedekringloop kan verbreek.

Enige belangstellendes kan op 16 Februarie by die kantore van die Stellalander bymekaar kom vir ʼn gemeenskapsvergadering met die oog op inskakeling by die Vryburg-tak.

Vir enige navrae, kontak SW Calitz op 082 256 8996 of sw@helpendehand.co.za.

 

Die publiek word genooi om die geleentheid by te woon:

Datum: Donderdag, 16 Februarie

Tyd: 17:15

Plek: Stellalander kantore

Adres:

 

 

 

Mediaskakelbeampte:

Juanita du Preez

Solidariteit Helpende Hand

Tel: 012 644 4390

Sel: 074 500 3915

E-pos: juanita@helpendehand.co.za