Uitnodiging: Solidariteit Helpende Hand hou Note vir Nood-fees met Bobby van Jaarsveld
Uitnodiging aan die media en publiek
Solidariteit Helpende Hand
3 Februarie 2012
Solidariteit Helpende Hand hou Note vir Nood-fees met Bobby van Jaarsveld
Solidariteit Helpende Hand se Gauteng-Noordstreek bied op 25 Februarie 2012 die Note-vir-Nood-fees aan by die Heartfelt Arena in Thaba Tshwane.
Groot name soos Bobby van Jaarsveld, Ronel Erasmus en Onbeskaamd sal tydens die geleentheid optree. Ander kunstenaars sluit in Liza Bronner, Quentin Prinsloo, Blue House, Andries-Hendrik Potgieter, Esti van Rooyen en Gustav van Aardt. Enige kunstenaars wat ook betrokke wil raak, kan die organiseerders kontak.
Tydens die Note-vir-Nood-fees sal vermaak vir die hele gesin, kosstalletjies en prystrekkings aangebied word. Enige borge wat betrokke wil raak, kan die organiseerders kontak.
Die doel van die Note-vir-Nood-fees is om fondse in te samel vir gemeenskapopheffingsprojekte en beurse vir behoeftige studente. Helpende Hand is ʼn doen-organisasie wat jongmense voorberei vir die wêreld van werk. Dit het ʼn spesifieke fokus het op ʼn groot Afrikaanse beursplatform en ontwikkel idees oor die bekamping van maatskaplike, geestelike en kulturele armoede.
Dit word alles breedweg saamgevat in die konsep van opheffing-deur-opleiding. Die stryd teen armoede is ʼn stryd vir goeie opleiding.
Die koste vir die fees beloop R80 per volwassene en R40 per skoolgaande kind. Kaartjies kan tot 13 Februarie by iTicket bestel word op www.itickets.co.za of 0861 000 291.
Datum: Saterdag, 25 Februarie
Tyd: 11:00 tot laat
Plek: Heartfelt Arena
Adres: H.v. Eeufeesweg en Voortrekkerweg, Thaba Tshwane, Pretoria
RSVP: Mariana Kriel by 084 952 5837 of mariana@helpendehand.co.za










