Tak wil tasse uitdeel

ECHO SECUNDA & BETHAL 10 Feb 2012 Bladsy 6

SECUNDA – Die plaalike Helpende Hand Vrouetak het verlede Woensdag vergader en hul projekte vir die jaar bespreek. Hulle wil vanjaar meer op langtermynprojekte fokus.

“Ons moet mense help om hulself te help,” het me. Tokkie Reinecke gesê. Hulle werk tans aan hul Tassie-projek waar hulle ‘ skooltasse en skryfbehoeftes aan minderbevoorregte kinders uitdeel.

“Ouers van kinders wat skooltasse nodig het, kan my skakel,” het me. Reinecke gesê.

Een van die projekte wat die Helpende Hand Vrouetak vanjaar aanpak, is om klein Bybeltjies uit te deel. Die tak begin op 25 Februarie met hul maandelikse werkklasse en gaan dan ‘n mosaiekwerkwinkel aanbied.

Hulle volgende vergadering is op 27 Februarie. Vir meer inligting, skakel me. Reinecke by 082 976 1485.