Mediaverklaring: Helpende Hand Standerton wil kinders met gemeenskapsbeurs ophef
Solidariteit Helpende Hand
14 Februarie 2012
Helpende Hand Standerton wil kinders met gemeenskapsbeurs ophef
Helpende Hand se tak nuutste tak in die Mpumalanga streek het met volle vaart weggespring en reeds begin werk aan die stigting van ʼn gemeenskapsbeurs. Met hierdie beursfonds hoop die Standerton-tak om ʼn behoeftige, jong leerder by te staan en regdeur sy of haar skoolloopbaan by te staan en ontvanklik te maak vir die ontvang van opleiding.
Helpende Hand volg ʼn beleid van opheffing en bemagtiging deur opleiding wat reeds op die eerste skooldag met ʼn skooltassie begin en uitgebrei word met skoolleiding, beroepsleiding en uiteindelik selfs ʼn beurs.
“Die hooffokus van ons tak is om kinders te help met opleiding op skoolvlak, sowel as naskoolse studies,” sê Lorette Botha, die takvoorsitter. “Sodoende word hulle bemagtig om hulle plek vol te staan in ʼn kompeterende sakewêreld.”
Hoewel die gemeenskapsbeurs die belangrikste fokus van die tak sal wees, beplan hulle ook verskeie ander projekte om die Standerton-gemeenskap se kinders op te hef.
“Ons doen ʼn beroep op die Standerton-gemeenskap om ons te ondersteun en saam te werk met ons projekte,” sê Botha. “Dié groot taak kan nie alleen aangepak word nie. Dit moet ʼn gemeenskapsprojek wees.”
Indien jy ook by hierdie tak betrokke wil raak kontak Lorette Botha by 073 252 5549 of stuur ʼn e-pos aan loretteb@telkomsa.net.
Juanita du Preez
Mediaskakelbeampte
Solidariteit Helpende Hand
Tel: 012 644 4390
Sel: 074 500 3915
E-pos: juanita@helpendehand.co.za
www.helpendehand.co.za











