Mediakennisgewing: Solidariteit Helpende Hand bied professionele beroepsleiding in plaaslike gemeenskappe
Solidariteit Helpende Hand
14 Februarie 2012
Solidariteit Helpende Hand bied professionele beroepsleiding in plaaslike gemeenskappe
Tersiêre opleiding is peperduur. Daarom maak dit sin om in professionele loopbaanvoorligting te belê.
Helpende Hand se professionele beroepsleidingsdiens wil jongmense voorberei vir die wêreld van werk. Die doel van die Helpende Hand Beroepsvoorligtingprogram is om aan Afrikaanse jongmense regoor die land ʼn bekostigbare beroepsleidingdiens ten opsigte van vakkeuses en beroepskeuses te verskaf met die gebruik van psigometriese en aanlegtoetse.
Die pryse is tot 300% goedkoper as markverwante dienste. ʼn Geregistreerde psigometris, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand kan die toetse in jou tuisdorp kom aanbied, mits daar agt of meer jongmense is wat van die diens gebruik wil maak.
Skakel gerus vir Annette Taljaard by 012 644 4390 vir meer inligting oor die pakkette wat beskikbaar is.
Mediaskakelbeampte:
Juanita du Preez
Solidariteit Helpende Hand
Tel: 012 644 4390
Sel: 074 500 3915
E-pos: juanita@helpendehand.co.za











