‘Helpende Hand’ nou ook op Delmas

STREEK NUUS 10 Feb 2012 Bladsy12

DIE motivering hiervoor is om deur middel van ‘n reeds bestaande (nie-winsgewende) organisasie ‘n wesentlike impak in ons omgewing en sy swaarkry mense te maak. Gaan besoek gerus die webbladsy www.helpendehand.co.za om jouself te vergewis van wie Solidariteit Helpende Hand is en wat gedoen word en skryf sommer in vir die weeklikse elektroniese nuusbriewe.

Uit die aard van die saak word jou hulp benodig: Voorbidding vir die werksaamhede en verdienstelike saak van omgee vir ons naaste; As tak-lid om op vrywillige basis betrokke te raak om ‘n helpende hand uit te reik na mense wat jy ken; Donasies en skenkings; Logistieke hulp by stoorplek, afhaal van skenkings en uitdeel van pakkies, ens; Opleiding van mense om hulle self te help.

Skenkings en donasies: Nie-bederfbare kos (baie mense het geen elektrisiteit, yskaste,vrieskaste ens nie; Maklik voorbereibare kos (elektrisiteit, gas, selfs hout is skaars) soos blikkieskos, Weetbix, rys, mieliemeel, ens.

Die aflaaipunt /stoorplek van kosskenkings is op: Plaas/kleinhoewe op die Eloff-pad wat na Da Rocha Groentewinkel toe loop, omtrent 2 km anderkant Pretorius Blomplaas se afdraai (Vir aanwysings – skakel Jan du Plooy hieronder op die lys).

As u ‘n navraag het of ‘n skenking wil maak, kontak een van die volgende:

Isabel du Plooy T: 083 419 6283 epos: isabel.duplooy@telkomsa.net

Amanda Koen T: 082 468 2780

Lorraine van Tonder T: 073 955 6956 epos: lvtonder@yahoo.com

Frikkie Wilken T: 083 485 9218 epos: frikkiewilken@yahoo. com

Dorette du Toit T: 084 952 4967 epos: dutoitdorette08@gmail.com

Jan du Plooy T: 082 892 0418 epos: jan_cpitaskteam@telkomsa.net

Ockie Struwig T: 083 653 1989 epos: ostruwig@telkomsa.net

Jan-Danie Malan T: 082 965 7002 epos: jandanie@helpendehand.co.za

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND SOLIDARITY HELPING HAND