DIS WEER TYD VIR NASIONALE VOELGOED WEEK!
Vanaf Maandag 27 Februarie tot Sondag 4 Maart kan vroue regoor Suid-Afrika weer deelneem aan Nasionale Voelgoed Week. In hierdie 7 dae wil ons vroue aanmoedig om hulle volle potensiaal te bereik en sodoende hulle beste self te word. Hierdie week word aangebied deur FINESSE tydskrif in samewerking met kykNET.
“FINESSE is meer as net ʼn tydskrif. Ons wil op ʼn persoonlike vlak na lesers uitreik. Vroue voel soms dit is onmoontlik om al die balle in die lug te hou, daarom wil ons elke vrou inspireer om goed te voel oor haarself en haar spesiale gawes en talente,” sê Venessa Schoeman, handelsmerkdirekteur van FINESSE.
kykNET is vanjaar die amptelike mediavennoot van Nasionale Voelgoed Week & Ekspo. Hulle topaanbieders en kenners is by die ekspo betrokke om vroue te bemagtig, naamlik die Glam Guru, David Viljoen van Tuine en Tossels, asook Dawie Roodt van Ontbytsake. FINESSE se skrywers Susan Coetzer, Natasha Sutherland, Kobus Neethling, Eugene Kemp en Liesel Krause-Wiid gaan ook deelneem.
Elke dag van Nasionale Voelgoed Week word daar op ’n belangrike aspek van vrouwees gefokus. Op www.voelgoedweek.co.za is daar artikels en inspirasie vir elke aspek van ʼn vrou se lewe – van haar gesondheid en voorkoms tot haar beroep en geloof.
Die Gesig van Voelgoed
Bertha le Roux-Wahl (Emma van 7de Laan) is die gesig van voelgoed en verskyn ook op die voorblad van die Maart-uitgawe van FINESSE-tydskrif. “Bertha se egtheid is opvallend. Vroue kan met haar identifiseer omdat sy so baie dinge moet doen as werkende ma en omdat sy eerlik is oor die struggles en issues wat sy het,” sê Venessa.
Die Voelgoed Geur
In samewerking met Bertha stel FINESSE die voelgoed geur Vurig bekend. Dit is ʼn smeulende ryk geur met note van mandaryn, roos en vanielje. Dis te koop op voelgoedwinkel.co.za of by die voelgoed ekspo, teen R195.
Die Voelgoed Boekie
Die Voelgoed Boekie, waarvan daar in 2011 meer as 10 000 eksemplare verkoop is, is vanjaar ʼn sakpasgids propvol inspirasie. Dit is so ontwerp dat die blaadjies uitgeskeur en aangegee kan word vir iemand wat ’n bietjie terneergedruk voel. Dis beskikbaar by uitgesoekte SPAR supermarkte, by voelgoedwinkel.co.za (teen R39.95) of by die voelgoed ekspo.
Die Voelgoed Liedjie
Gerhard Steyn se liedjie Dit voel so goed is vanjaar die amptelike voelgoed liedjie. Hy tree ook op 2 & 3 Maart by die ekspo op om hierdie liedjie te sing.
Die Voelgoed Projek “Soen dit beter’’ & Guinness wêreldrekordpoging
Vroeg Vrydagoggend 2 Maart gaan die hele FINESSE span saam met minstens 500 vroue en REVLON, Bertha aanmoedig om ʼn wêreldrekord te verbeter. Sy moet in een uur vir meer as 472 vroue lipstiffie aansit. Die projek word “Soen dit beter” genoem en fondse wat hierdeur ingesamel word, skenk ons aan The Children’s Hospital Trust, wat fondsinsamelings namens die Rooi Kruis Kinderhospitaal in Kaapstad hanteer.
Vanaf 08:30 af sal almal wat aan die wêreldrekordpoging wil deelneem, in ʼn ry inval sodat ons stiptelik om 09:15 kan begin. Deelnemers betaal slegs R20 (dis op die dag betaalbaar) om deel te wees van hierdie poging en ontvang ʼn REVLON lipstiffie en ’n “Soen dit beter” papiertjie. Na afloop van die poging word al die papiertjies in een groot kunswerk omskep en aan The Children’s Hospital Trust geskenk tesame met die bedrag geld. Indien jy wil deelneem, SMS “rekord” en jou naam en van na 33788 (R1,50 per SMS).
DIE VOELGOED EKSPO
Die voelgoed ekspo op Vrydag 2 en Saterdag 3 Maart 2012 word by die Heartfelt Arena in Pretoria gehou. Dit bied hope vermaak met verrykende leefstyl-, gesondheid- en selfhelp-stalletjies. Nege werkswinkels word aangebied deur topkenners soos Natasha Sutherland, Hannon Bothma, Susan Coetzer, Dawie Roodt en ander. Gerhard Steyn en Bertha le Roux-Wahl tree ook op as deel van die FINESSE program.
EKSPOPROGRAM
Vrydag 2 Maart 2012
11:00 DIE GLAM GURU – Weg met die vaalhuisvrouvoorkoms!
12:00 NATASHA SUTHERLAND – ʼn Nuwe lewe na egskeiding
13:30 ANDREA DU PLESSIS – Die siekte wat meer vroue doodmaak as kanker
14:30 DIE FINESSE PROGRAM met Bertha le Roux-Wahl & Gerhard Steyn
16:00 CHRISTIEN DURAND – Vinnige, gesonde aandetes
Saterdag 3 Maart 2012
09:00 SUSAN COETZER – Smarties vir die siel
10:00 DIE GLAM GURU – Lyk sjiek vir kantoor binne 15 minute
12:00 DIE FINESSE PROGRAM met Bertha le Roux-Wahl & Gerhard Steyn
14:00 DAWIE ROODT – Goeie skuld, slegte skuld
15:00 David Viljoen – Sit kleur in jou huis
NUWE JY WERKSWINKEL VAN 10:00-16:00 OP SATERDAG 3 MAART 2012
Liesel Krause-Wiid (predikant & besigheidsvrou), Kobus Neethling (kreatiwiteitskenner), Eugene Kemp (sielkundige) en Amanda Kuit (dieetkundige) bied hierdie werkswinkel aan by die Voelgoed Ekspo Saterdag. Dit is spesifiek vir vroue wat met hulle gewig sukkel. Anders as die ander werkswinkels kos dit R350 per persoon en belangstellendes moet plek daarvoor bespreek. Ingesluit by die prys is die volkleur ’n nuwe jy™ in net 30 dae boek en gratis toegang tot die ekspo.
Kaartjies vir die ekspo is beskikbaar op www.voelgoedweek.co.za of by Computicket.
Vir verdere inligting of om onderhoude te voer met enige van die kenners of bekendes hierbo genoem, kontak
Annemie Raath
Bemarkingskoördineerder, FINESSE tydskrif
Tel: 016 982 3617 x 209
Faks: 016 982 3618
E-pos: annemie@carpediem.co.za










