Dankie vir stoelsakkies

STREEK NUUS 10 Feb 2012 Bladsy 16

Laerskool Eloff bedank Solidariteit se Helpende Hand vir die 50 stoelsakkies wat hulle aan die skool geskenk het. Dit bevat skryfbehoeftes wat eweredig verdeel sal word tussen die Graad 1 en Graad 2 leerlinge. Op die foto spog Isabelle du Plooy, Dorette du Toit, Louis van Niekerk en skoolhoof André Gildenhuys met ‘n aantal sakkies.