Afrikaanssprekendes: Leef met hoop en menswaardigheid

ECHO, DE AAR 17 Feb 2012 Bladsy 11

DE AAR — Elke mens moet met hoop en menswaardigheid kan leef. Dit is die uitganspunt van Solidariteit Helpende Hand. Helpende Hand is ‘n gemeenskapsinisiatief wat fokus op opheffing deur opleiding en poog om die armoedsirkel te verbreek deur die geestelike, kulturele en maatskaplike nood aan te pak.Hierdie vereniging werk vanuit ‘n Christelike waardestelsel en stel gemeenskappe in staat om kort- en langtermynoplossings te vind vir die nood in hul dc omgewing.

Helpende Hand wil deur die “vinger” van die hand op vyf verskillende areas fokus: Ontwikkeling, opleiding, ondersteuning, onafhanklikheid en omgee. As langtermyn oplossing, moet die totale mens en gemeenskap ontwikkel word met opleiding as kern faktor vir die opheffing van ‘n gemeenskap in nood. Die hulpverleningsproses moet ‘n sterk ondersteunende ondertoon hê met onafhanklikheid as einddoel.

In die opheffingsproses kry diegene wat met opheffingswerk besig is, kans om deel te vorm van die omgee-gemeenskap en word self daardeur verryk. Helpende Hand is ‘n nie-winsgewende Artikel 21-maatskappy wat sy eie fondse genereer. Daar is verskeie projekte wat hardloop en hoop aan mense vir die toekoms gee.

Beroepsleidingsdienste gee jongmense en kinders hoop deur die ontwikkeling van lewensvaardighede en om hulle met kennis toe te rus oor skaars en kritiese vaardighede.

Die Helpende Hand Afrikaanse Beursfonds verskaf finansiele ondersteuning aan studente met die potensiaal om deur middel van tersiere opleiding hulself te bekwaam om ‘n positiewe rol in die arbeidsmark te speel. Die Beursinstituut het binne ‘n paar jaar gegroei tot ‘n multimiljoenrand-instituut wat reeds tientalle beursfondse bestuur. Individuele of groepsbydraes tot die beursplatform verseker dat minderbevoorregte studente die geleentheid gcbied word om hulself deur middel van opleiding op te hef.

Helpende Hand help nie net die liggaam van die ongelukkige nie, maar ook die gees, dit bemoedig, versterk en is selfverheffend en is gebore om die welsynsnood van die Afrikaners te help verlig.

Helpende Hand hou ‘n vergadering op De Aar waartydens dr Danie Brink, Uitvoerende Bestuurder, die gasspreker sal wees op 12 Maart. Belangstellendes wat meer te wete wil kom of ‘n bydrae tot die opheffing van die Afrikaner wil maak, kan gerus die volgende kontak: diens@ helpendehand co. za; www.helpendehandco.za, Facebook, twitter/blog of kontak 0861 25 24 23.

Foto: Mariaan Mans, Streekorganiseerder Noord-Kaap, het ons dorp verlede week besoek en se hulle bied hulp aan Afrikaanssprekendes om met waardigheid en hoop te kan leef en fokus op opleiding as middel tot opheffing.