Skenkings

Artikel 18A Belastingsertifikate

‘n Artikel 18A-sertifikaat kan aan maatskappye en individue wat geldelike bydraes maak, uitgereik word sodat hulle ‘n belasting-eis kan indien. Skenkers moet ‘n bewys van inbetaling of ‘n faktuur verskaf sodat die sertifikaat uitgereik kan word.

Navrae i.v.m. 18A Belastingsertifikate word gerig aan barbera@helpendehand.co.za.

Helpende Hand verwelkom enige maandelikse donasies ten bedrae van meer as R20 (bankkoste speel ongelukkig met kleiner skenkings klaar). Eenmalige skenkings is ook baie welkom.

Laai die aansoekvorm af en faks dit na 012 664 1295.

Maak ‘n skenking via kredietkaart.

As jy ‘n donasie aan Solidariteit Helpende Hand wil maak, kan jy dit in ons bankrekening inbetaal of skakel die inbelsentrum by 0861-25-24-23. Die besonderhede is soos volg:

Bank: Absa
Rekeningnommer: 407 225 0017
Tak: Centurion
Takkode: 632005

Bemakings

Helpende Hand maak staat op die goedhartigheid van individue om minderbevoorregtes by te staan. Lede kan nou ook skenkings aan die Helpende Hand in hul boedels nalaat. Bemakings moet in die testament gespesifiseer word.

Lewensmiddele

Duisende rande se skenkings word maandeliks by Helpende Hand se kantore afgelewer. Die skenkings sluit onder meer klere, kos en huishoudelike goedere in. ‘n Uitstekende stelsel is ontwikkel waarvolgens behoeftes identifiseer word sodat die regte goedere aan die unieke behoeftes van mense voldoen.