Navorsing

Afrikaans as opleidingstaal nie vanselfsprekend

Solidariteit Helpende Hand waarsku dat die langtermyn volhoubaarheid van Afrikaans as tersiêre opleidingstaal, nie as vanselfsprekend aanvaar kan word nie. Dié waarskuwing volg op die vooraand van die taalberaad wat onlangs deur die FW de Klerk-stigting naby Stellenboch gehou is.

“Navorsing toon dat net 16% van matrikulante in Afrikaanse skole toegang tot universiteitsopleiding het,” verduidelik dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Helpende Hand. “Dit beteken dat 84% van Afrikaanse jongmense nie na skool gaan studeer nie. Hierdie persentasie word daaraan toegeskryf dat 70% van hierdie groep wat nie gaan studeer nie, nie die finansies het nie, en 67% van hulle is nie seker watter beroepe hulle in Afrikaans kan volg nie.”

Laai die verslag hier af (60.6 KB)


Reddingsdaadkongres 2009 – Voorgestelde Reddingsdaadverklaring

Die Solidariteit Helpende Hand Reddingsdaadkongres van 2009 roep in herinnering die Eerste Ekonomiese Volkskongres, wat later bekend gestaan het as die Reddingsdaadkongres, van 1939.

Die Reddingsdaadkongres was die geboorte van die tweede keer wat die Afrikaner opgestaan het binne een eeu. Die eerste keer was ná die vernietigende Anglo-Boereoorlog.

Twee keer vantevore het die Afrikaner met ‘n innerlike kulturele krag onder onsimpatieke regerings daarin geslaag om die greep van ‘n vernietigende armoedesirkel te breek.

Laai die Reddingsdaadverklaring af (24KB)


Kindermisdaad

Een kind word elke drie minute in Suid-Afrika verkrag. Dit is een van die skokkende bevindings in die verslag oor kindermisdaad in Suid-Afrika wat in Junie deur Solidariteit Helpende Hand bekendgestel is. Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, toon die verslag onder meer dat die vlakke van kindermishandeling in Suid-Afrika met rasse skrede toeneem. “In 2007/08 is 1 410 sake van kindermoord in Suid-Afrika aangemeld – 22,4% meer as in die vorige jaar. Daarbenewens is bevind dat 45% van alle verkragtings in die land kinderverkragtings is. Die skokkende werklikheid is egter dat dié syfers nog geensins die ware omvang van die probleem weerspieël nie,” sê hy. Die verslag lê ook die ernstige tekorte aan kundige maatskaplike werkers en die moeilike werksomstandighede bloot.

Kindermisdaadverslag

KindermisdaadLaai die verslag af (22.5MB)


Armoede

Meer as 430 000 wit Suid-Afrikaners word tans as absoluut arm beskou. Dié armoede word jare reeds in stilte gehul terwyl die klein gemeenskappe arm mense – weggesteek van die res van die samelewing – ‘n sukkelende bestaan voer. Solidariteit se Helpende Hand Fonds se armoede-verslag verbreek nou die stilte oor dié armoede. Die verslag ondersoek die vlakke van die groeiende armoede-probleem in verskeie Suid-Afrikaanse stede en dorpe.

Afrikaner Armoede: Pretoria

Laai die verslag af – klik hier.

Die verslag aan Helen Zille oor wit armoede, met ‘n fokus op die Kaapstad Metro

Laai die verslag af – klik hier.

Die verslag oor wit armoede – De Wet Potgieter

wit-armoede

Laai die volledige verslag met foto’s af – klik hier [2.29 MB]
Laai net die teks af – klik hier [174 KB]
(Indien die verslag nie kan oopmaak nie, laai Acrobat Reader af, klik hier)