Algemene Nuus

Maak jou leefstyl een met ʼn ritme van omgee

Jou leefstyl ritme weerspieël jou identiteit, jou fokus en prioriteite…

Ons almal het tog 24 uur in ʼn dag en sewe dae in ʼn week, maar KIES self wat ons wil inpas in daardie geleende minute, ure en dae. Sommiges wil glo tyd hol met hulle weg, maar dit kan nie. Jy KIES. Jy BESLUIT – bewustelik of outomaties – om jou dag, week en jaar in te deel volgens dit wat vir jou belangrik is. As jou prioriteite herhaal en dit dag na dag en week na week belangrik genoeg is om jou dagboek, kalender, Outlook en selfoon reminders te haal, word dit uiteindelik ʼn gewoonte en ʼn natuurlike RITME… Jy hoef nie meer so hard te beplan en te oorweeg en te oordink en te begroot nie. Jy doen dit omdat dit net eenvoudig is wie jy is en waarin jy glo en waarvoor jy staan. Lees Meer…

Helpende Hand vier Moedertaaldag met verhale van Afrikaanse helde by Laerskool Louis Leipoldt

Ter viering van Internasionale Moedertaaldag vandag, het Solidariteit Helpende Hand die leerlinge van Laerskool Louis Leipoldt in Lyttelton, Centurion, met verhale oor Afrikaanse helde trakteer.

Tydens die geleentheid het dr Dirk Hermann, voorsitter van Helpende Hand se direksie, die verhaal van die dapper Afrikaanse seun Japie Greyling, voorgelees. Die verhaal is terselfdertyd treffend deur ses leerlinge van die skool opgevoer.

Kyk hier na ‘n video
Lees Meer…

Wen ‘n vakansie deur die Note vir Nood-fees

Bespreek nou jou kaartjies by iTicket (Kliek hier vir die webwerf) vir Helpende Hand se Musiekfees op 25 Februarie 2012 en staan ‘n kans om 6 nagte vir 4 persone buite seisoen by Santana Vakansieoord te wen.

DIS WEER TYD VIR NASIONALE VOELGOED WEEK!

Vanaf Maandag 27 Februarie tot Sondag 4 Maart kan vroue regoor Suid-Afrika weer deelneem aan Nasionale Voelgoed Week. In hierdie 7 dae wil ons vroue aanmoedig om hulle volle potensiaal te bereik en sodoende hulle beste self te word. Hierdie week word aangebied deur FINESSE tydskrif in samewerking met kykNET. Lees Meer…

VLU Maliveldstreek Nelspruit hou musiekvertoning ten bate van Helpende Hand

Die VLU-tak Querida in die Maliveldstreek in Nelspruit, bied ‘n musiekvertoning aan ten bate van Helpende Hand Witrivier Nelspruit.

Die vertoning is “Singstories” deur Jan-Harm Schutte (Hy doen die weer op Ontbytsake – Kyknet). Die vertoning is ‘n versameling van stories en liedjies wat, volgens Jan-Harm, een hoofdoel voor oë het – om luisteraars weer te herinner aan al die mense, plekke en oomblikke wat hul lewens so spesiaal maak. Dis lekker rustige luisterliedjies wat ons almal ken en kan saam sing. So kom sit terug skop jou skoene uit en kom luister saam na die goeie ou dae. Lees Meer…

Suid-Kaap: NG Kerk Hartenbos skenk R50 000 aan Helpende Hand Suid-Kaap vir streeksbeurs

Deur Juanita du Preez

Die NG Kerk Hartenbos het Helpende Hand in die Suid-Kaap onlangs verras met ʼn skenking van R50 000. Die voorwaarde daaraan verbonde is dat die geld vir ʼn streeksbeurs aangewend moet word. Lees Meer…

Limpopo: Limpopo-streek steek hulle hande op vir kinders

Deur Marianthie van der Walt (organiseerder van die Limpopo-streek)

Mense steek hulle hande op vir iets wanneer hulle daarin glo, daarvan hou en deel daarvan wil wees.

Solidariteit Helpende Hand se visie is ‘opheffing deur opleiding’ en ons wil in 2012 opnuut in Limpopo vir gemeenskappe wys hoe hierdie benadering hoop vir ons toekoms skep. Lees Meer…

Gauteng-Noord: Note-vir-Nood-fees beloof om vermaak aan almal te verskaf

Deur Juanita du Preez

Solidariteit Helpende Hand se Gauteng-Noordstreek bied op 25 Februarie 2012 die Note-vir-Nood-fees aan by die Heartfelt Arena in Thaba Tshwane. Lees Meer…

Beurse – ʼn Suksesverhaal met plante: Charne Malan

Deur Juanita du Preez

Die doel van Solidariteit Helpende Hand is om jongmense vir die wêreld van werk voor te berei. Lees Meer…

Maak jou leefstyl een met ʼn ritme van omgee

Deur Lindie Strydom

Nuus Argiewe