Verslag oor outisme – Clover Aardklop 2011
6 Oktober 2011
Helpende Hand en Outisme Suid-Afrika stel verslag oor outisme by Clover Aardklop bekendVolgens Anna Atkins, die uitvoerende hoof van die Vereniging vir Outisme en ouer van ʼn outistiese persoon, berei skole vir kinders met gestremdhede outistiese kinders voor op volwassenheid, maar is daar min skole wat voorsiening maak vir die behoeftes van kinders op die outismespektrum. “Daar is geweldige finansiële druk op die gesin van ʼn outistiese persoon indien die persoon nie tydens sy of haar skooljare voorberei is om ʼn aktiewe lid van die samelewing te word nie,” sê sy. “Maar met die regte terapie en die betrokkenheid van ouers, en danksy grondwetlike regte kan mense met outisme ʼn kwaliteit lewe lei.”










