Mediaverklaring: Groot kunstenaars bied dienste gratis aan by Helpende Hand se Note-vir-Nood-fees

Mediaverklaring

Solidariteit Helpende Hand

17 Februarie 2012

Groot kunstenaars bied dienste gratis aan by Helpende Hand se Note-vir-Nood-fees

Solidariteit Helpende Hand se Gauteng-Noord-streek bied op Saterdag, 25 Februarie 2012 die Note-vir-Nood-fees by die Heartfelt Arena in Thaba Tshwane aan.

Helpende Hand is ʼn doen-organisasie wat jongmense voorberei vir die wêreld van werk, ʼn groot, Afrikaanse beursplatform bedryf en idees oor die bekamping van maatskaplike, geestelike en kulturele armoede ontwikkel. Die organisasie se oorhoofse fokus kan breedweg saamgevat word as opheffing-deur-opleiding.

Verskeie groot musiekkunstenaars soos Onbeskaamd, Quintin Prinsloo, Tommy Liebenberg, Liza Bronner, Promise Choice en Andries Hendrik Potgieter het besluit om hulle diens heeltemal gratis beskikbaar te stel vir die fees. Die fondse wat ingesamel word, sal aangewend word vir beurse vir jongmense in die Gauteng-Suid streek.

“Waag om lief te hê! Nie net dit wat vir jou lief is nie, maar jou naaste, jou vriende, jou vyande en enigeen wat in nood is,” sê Elanie van Veuren, die bestuurder van Onbeskaamd. “Dit is een van die belangrikste boodskappe wat ons as groep verkondig en ook elke dag probeer uitleef. Jesus het gewaag om ons lief te hê, hoekom sal ons dan nie dieselfde doen nie?”

Ander groot name wat ook by die fees gaan optree, sluit in Bobby van Jaarsveld, Ronel Erasmus en Esti van Rooyen.

Die koste vir die fees beloop R80 per volwassene en R40 per skoolgaande kind. Kaartjies kan tot 13 Februarie aanlyn by www.itickets.co.za of telefonies by 0861 000 291 bespreek word.

Mariana Kriel is die organiseerder en haar kontakbesonderhede is: 084 952 5837 of mariana@helpendehand.co.za.

 

Mediaskakelbeampte:

Juanita du Preez

Solidariteit Helpende Hand

Tel: 012 644 4390

Sel: 074 500 3915

E-pos: juanita@helpendehand.co.za