leftnews

Mediaverklaring: Beursaansoeke by Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut oop

Mediaverklaring
Solidariteit Helpende Hand
9 Mei 2012

Beursaansoeke by Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut oop

Aansoeke om beurse en rentevrye beurslenings by die Afrikaanse Beursinstituut het in Mei geopen.

Die Afrikaanse Beursinstituut is in 2003 gestig om finansiële ondersteuning aan Afrikaanse studente te bied. Sedertdien het die beursplatform gegroei tot 65 beurse. Vanjaar is R7 miljoen se beurslenings aan 529 behoeftige studente toegeken. In totaal is daar al ongeveer 2 500 studente gehelp.

Volgens Dr Danie Brink, die uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, is die Afrikaanse Beursinstituut ʼn manier om die organisasie se beleid van bemagtiging en opheffing deur opleiding, verder te voer. “Ons glo hierdie beleid is die beste manier om armoede uit te roei,” sê Dr Brink. “Helpende Hand se omvattende dienswaardeketting bied ʼn deurlopende begeleidingsproses wat geestelike, kulturele en maatskaplike armoede aanspreek en ʼn kleuter, kind, student en jongmens uiteindelik help om voor te berei vir die wêreld van werk,” sê hy.

Vanjaar fokus Helpende Hand veral op die uitbou van die beursplatform sodat nog meer voornemende studente ook die geleentheid kan kry om hulle te bekwaam om ʼn bydrae tot die ekonomie en hul eie familie te kan lewer. Helpende Hand doen dan ook ʼn beroep op persone wat hulle eie beursfonds wil begin om hulle te kontak by 012 644 4390. Die beurshouers bepaal hulle eie kriteria van watter student(e) gehelp moet word en die fonds word net deur die Afrikaanse Beursinstituut geadministreer.

“Die beurskonsep maak werklik ’n groot verskil in so baie kinders se lewens,” sê Dinah Theron, die hoof van die Afrikaanse Beursinstituut. “Individue, wat van ander afhanklik was om ʼn bestaan te voer, kan na afloop van hul studies nou onafhanklik funksioneer. Ongelukkig kon ons as gevolg van beperkte fondse nie almal help wat aansoek gedoen het nie en moes ons duisende kinders wegwys.”

Om deel te word en by te dra tot ʼn beter toekoms, kontak Dinah Theron by 012 644 4428, of by dinah@helpendehand.co.za.

Die aansoeke is oop tussen 1 Mei en 31 Oktober 2012 vir studiehulp in 2013. Besoek gerus die webwerf by www.helpendehand.co.za vir die aansoekvorms of kontak Melani Gerber by 012 644 4428 of melani@helpendehand.co.za.

Mediaskakelbeampte:
Juanita du Preez
Solidariteit Helpende Hand
Tel: 012 644 4390
Sel: 074 500 3915
E-pos: juanita@helpendehand.co.za

Mediaverklaring: Solidariteit Helpende Hand en Hoërskool Waterkloof trek boeke oor by Laerskool Westerlig

Mediaverklaring
Solidariteit Helpende Hand
12 April 2012

Solidariteit Helpende Hand en Hoërskool Waterkloof trek boeke oor by Laerskool Westerlig

Solidariteit Helpende Hand en leerders van Hoërskool Waterkloof het Woensdag binne twee ure daarin geslaag om 620 werkboeke van Laerskool Westerlig in Danville oor te trek.

Lees Meer…

Mediaverklaring: Solidariteit Helpende Hand skep toekoms vir kinders met Borg ʼn Kind-projek

Mediaverklaring

Solidariteit Helpende Hand

22 Maart 2012

Solidariteit Helpende Hand skep toekoms vir kinders met Borg ʼn Kind-projek

Solidariteit Helpende Hand het vanjaar die Borg ʼn Kind-projek bekendgestel wat reeds volstoom by die ongeveer 120 landswye takke aan die gang is.

Lees Meer…

Mediaverklaring: Solidariteit Helpende Hand vier Internasionale Maatskaplikewerkdag op 20 Maart – Waarskuwing oor uitdagings in nieregeringsorganisasiesektor

Mediaverklaring

Solidariteit Helpende Hand

20 Maart 2012

Solidariteit Helpende Hand vier Internasionale Maatskaplikewerkdag op 20 Maart

Waarskuwing oor uitdagings in nieregeringsorganisasiesektor

Solidariteit Helpende Hand vier op 20 Maart Maatskaplikewerkdag saam met die meer as 15 000 geregistreerde maatskaplike werkers in die land.

Lees Meer…

Mediaverklaring: Neem ʼn Kind Werk toe op 25 Mei saam met Solidariteit Helpende Hand

Mediaverklaring

Solidariteit Helpende Hand

14 Maart 2012

Neem ʼn Kind Werk toe op 25 Mei saam met Solidariteit    Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand versoek alle werksplekke landswyd om op 25 Mei hulle deure oop te maak sodat hoërskoolleerlinge ʼn besoek daar kan aflê. Sodoende kan hulle meer leer oor ʼn spesifieke beroep en meer voorbereid wees op die wêreld van werk.

Lees Meer…

Mediaverklaring: Helpende Hand vier Moedertaaldag met verhale van Afrikaanse helde by Laerskool Louis Leipoldt

Mediaverklaring

Solidariteit Helpende Hand

21 Februarie 2012

Helpende Hand vier Moedertaaldag met verhale van Afrikaanse helde by Laerskool Louis Leipoldt

Solidariteit Helpende Hand glo in die voortbestaan en beskerming van moedertale. Ter viering van Internasionale Moedertaaldag vandag, het dié organisasie die leerlinge van Laerskool Louis Leipoldt in Lyttelton, Centurion, met verhale oor Afrikaanse helde trakteer. Lees Meer…

Mediaverklaring: Voornemende Aurora-entrepreneurs ontvang sertifikate na entrepreneursopleiding

Mediaverklaring

Solidariteit Helpende Hand

20 Februarie 2012

Voornemende Aurora-entrepreneurs ontvang sertifikate na entrepreneursopleiding

Voormalige werknemers van Aurora Empowerment Systems en ander individue wat in die Springs-omgewing woon, het vandag sertifikate ontvang nadat hulle ʼn kursus in entrepreneurskap suksesvol voltooi het. Lees Meer…

Mediaverklaring: Groot kunstenaars bied dienste gratis aan by Helpende Hand se Note-vir-Nood-fees

Mediaverklaring

Solidariteit Helpende Hand

17 Februarie 2012

Groot kunstenaars bied dienste gratis aan by Helpende Hand se Note-vir-Nood-fees

Solidariteit Helpende Hand se Gauteng-Noord-streek bied op Saterdag, 25 Februarie 2012 die Note-vir-Nood-fees by die Heartfelt Arena in Thaba Tshwane aan. Lees Meer…

Mediaverklaring: Solidariteit Helpende Hand Bothaville kondig eerste kandidate vir gemeenskapsbeurs aan

Mediaverklaring

Solidariteit Helpende Hand

16 Februarie 2012

Solidariteit Helpende Hand Bothaville kondig eerste kandidate vir gemeenskapsbeurs aan

Solidariteit Helpende Hand Bothaville het tydens ʼn onlangse dinee, wat deur die tak aangebied is, die eerste ontvangers van die Bothaville-tak se beursfonds aangekondig.

Lees Meer…

Mediaverklaring: Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut ken beurslenings van R7 miljoen toe in 2012

Mediaverklaring

Solidariteit Helpende Hand

13 Februarie 2012

Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut ken beurslenings van R7 miljoen toe in 2012

Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut het vanjaar R7 miljoen se beurslenings aan 524 behoeftige studente toegeken. Lees Meer…