Skenkingskantoor

Lewensmiddele

Skenkings van lewensmiddele soos kos, klere, meubels en ander huishoudelike items word met groot waardering deur die skenkings- en verspreidingsafdeling ontvang om na kleuterskole, ouetehuise, informele nedersettings en skuilings te versprei. Skenkings word slegs aan projekte gegee waarvoor staatsubsidiëring nie geredelik beskikbaar is nie.

U kan gerus ‘n skenking maak aan ons skenkingskantoor:

Bank: Absa
Rekeningnommer: 92 3886 6647
Tak: Centurion
Takkode: 632005

Daar is altyd ʼn behoefte aan kos en toiletware:

Kos: mieliemeel, koekmeel, rys, kitsgis, gedehidreerde groente, sojaprodukte, rooibostee, suiker, klein bottels olie, blikkies vis/boontjies/gemengde groente, konfyt/grondboontjiebotter, poeiermelk, sout.

Toiletware: seep, tandepasta, tandeborsels, waslappe, deodorant, sanitêre doekies, toiletpapier, sneesdoekies, formulemelk.

Skenkings in ander gebiede word direk na ʼn vrywilligergedrewe Solidariteit Helpende Hand-tak in die omgewing gekanaliseer.

In die Pretoria-omgewing kan skenkers items na Helpende Hand se nasionale kantoor by Solidariteit-park, h.v. DF Malanrylaan en Eendracthstraat, Kloofsig bring. Die kantoorure is Maandag tot Donderdag, 08:00 tot 16:30, en Vrydag van 08:00 tot 15:00. Die skenkingsregister word by die Helpende Hand-kantoor voltooi, waarna goedere by die skenkingstoor afgelaai word.

Vir inligting rakende u naaste SHH-tak of om lewensmiddele te skenk, kontak gerus Solidariteit Helpende Hand se nasionale kantoor by 012 644 4390 / 012 644 4426 of stuur ʼn e-pos na diens@helpendehand.co.za