Skooltassie

Helpende Hand se Skooltassieprojek spreek op die oog af ‘n eendimensionele behoefte aan. Tog is ‘n skooltassie soveel meer as gereedskap vir skool. Dis ‘n simbool van hoop.

Skooltassies vir Kersfees!  Borg ʼn skooltassie vir ʼn kind wat nie Kersfees kan vier nie.

Hoe jy kan help?

Borg ‘n skooltassie vir R200 of lewer ‘n bydrae tot die skooltassieprojek!

SMS die woord “tassie” na 34388 en ‘n Helpende Hand agent sal jou kontak.  (’n SMS kos R2)

Skakel Helpende Hand by 0861 25 24 23 of 012 644 4390.

Maak ’n skenking.

Die bankbesonderhede is:
Solidariteit Helpende Hand
Absa
Centurion-tak
Rekeningnommer 407 225 0017
Takkode 632 005
Verwysing: “tassie”.
Faks bewys van betaling na 086 218 3216.

KYK VIDEOS VAN DIE SKOOLTASSIEPROJEK HIER

Clara ondersteun die Skooltassieprojek:  Klik hier

Clara vra R200 vir Skooltassieprojek:  Klik hier

Bok en Lianie Ondersteun Tassie – Bok van Blerk en Liani May onthou eerste skooldag tydens Skooltassieprojek
Klik hier

Probleme – Jacques Gombault ondersteun die Nasionale Skooltassieprojek. Jacques het onlangs die Afrikaanse graad R-klas van Laerskool Westerlig in Pretoria-Wes vertel hoe die Heilige Gees mens kan help om boelies ore aan te sit
Klik hier

Skooltassieprojek

Helpende Hand se Skooltassieprojek spreek op die oog af ʼn eendimensionele behoefte aan. Tog is ʼn skooltassie soveel meer as gereedskap vir skool. Dis ʼn simbool van hoop.

Die nood by Afrikaanse laerskole het die afgelope twee jaar drasties toegeneem en verskeie kinders is afhanklik van voedingsprojekte by skole vir ‘n ete. As ouers nie eens basiese voedsel kan bekostig nie, is dit geen wonder dat menige behoeftige graadeens hul skoolloopbane sonder skooltassies en skryfbehoeftes begin nie. ‘n Gebrek aan finansies moet egter nooit die rede wees waarom ʼn behoeftige kind sy skoolloopbaan nie op gelyke voet met sy klasmaats begin nie. Dit is om hierdie rede dat Solidariteit Helpende Hand elke jaar die enorme taak aanpak om skooltassies vir behoeftige Afrikaanse graadeens uit te deel.

Die tassie is ’n bewys van ons geloof in graad eentjies se potensiaal - ʼn bewys dat hulle nie alleen is nie dat en ons saam die nuwe uitdaging van groot skool betree. ʼn Skooltassie getuig van betrokkenheid, liefde en omgee. Dit laat ʼn kind moed skep om self elke ontwikkelingsoomblik met albei hande aan te gryp.

Elke skooltassie bevat onder andere ʼn telraam, basiese skryfbehoeftes, ʼn potloodblikkie, ʼn witbord en springtou, boontjiesak en nog vele meer.

Die doel van projek is om uiteindelik toe te sien dat nie ʼn enkele Afrikaanse graadeentjie skool toe gaan sonder die nodige skryfbehoeftes nie want die regte toerusting kan kinders help om ʼn opvoeding te kry en uit armoede te ontsnap.

Sedert die nasionale projek vier jaar gelede van stapel gestuur is, is daar reeds 12 500 skooltassies as ‘n simbool van hoop, aan behoeftige gr. 1-leerlinge voorsien.