-
Mediaverklaring: Helpende Hand vier Moedertaaldag met verhale van Afrikaanse helde by Laerskool Louis Leipoldt
Mediaverklaring: Voornemende Aurora-entrepreneurs ontvang sertifikate na entrepreneursopleiding
Mediaverklaring: Groot kunstenaars bied dienste gratis aan by Helpende Hand se Note-vir-Nood-fees
Helpende Hand in die Media
‘Leer kinders oor geskiedenis’
Elaine Swanepoel
Lees die berig aanlyn op Beeld se webwerf
“Ouers moet kinders meer (geskiedkundige) stories vertel,” het dr. Dirk Hermann, voorsitter van Solidariteit se Helpende Hand, gister by die Laerskool Louis Leipoldt in Centurion gesê. Lees Meer…
Afrikaanssprekendes: Leef met hoop en menswaardigheid
ECHO, DE AAR 17 Feb 2012 Bladsy 11
DE AAR — Elke mens moet met hoop en menswaardigheid kan leef. Dit is die uitganspunt van Solidariteit Helpende Hand. Helpende Hand is ‘n gemeenskapsinisiatief wat fokus op opheffing deur opleiding en poog om die armoedsirkel te verbreek deur die geestelike, kulturele en maatskaplike nood aan te pak.Hierdie vereniging werk vanuit ‘n Christelike waardestelsel en stel gemeenskappe in staat om kort- en langtermynoplossings te vind vir die nood in hul dc omgewing. Lees Meer…
Helpende Hand se Note-vir-Nood-fees bied platform vir jong entrepreneurs
Solidariteit Helpende Hand se Gauteng-Noord-streek bied op Saterdag, 25 Februarie 2012 die Note-vir-Nood-fees by die Heartfelt Arena in Thaba Tshwane aan.
Helpende Hand is ‘n doen-organisasie wat jongmense voorberei vir die wêreld van werk, ‘n groot, Afrikaanse beursplatform bedryf en idees oor die bekamping van maatskaplike, geestelike en kulturele armoede ontwikkel. Die organisasie se oorhoofse fokus kan breedweg saamgevat word as opheffing-deur-opleiding. Lees Meer…
OM jou werk te verloor kan met enigeen gebeur. Jy kan ook sonder heenkome wees en by Eden of Christenburg bly. Me. Anita Schoeman van Solidariteit se Helpende Hand het die lede van die Asrivier-Vroue-Landbou-unie oor die wel en wee van die mense vertel en hulle gevra om die mense by te staan met onder meer werkskeppingaksies soos die naaldwerkprojek. Van links is mes. Anita Schoeman, iLloma Vorster en Rika van der Merwe. Foto: Lynda Greyling Lees Meer…
Helpende Hand Jeugtak reik uit
OUDTSHOORN COURANT 10 Feb 2012 Bladsy 11
Die bestuur van Solidariteit Helpende Hand se nuutgestigde jeugtak in Oudtshoorn het sommer vroeg in die jaar gewys hulle is betrokke by die gemeenskap met hulle stalletjie by Saterdag se Cansa Relay For Lite. Van links is: Cecil Jones, Lehander Botha, Nelmare de Villiers (voorsitter), ZanneMare Fourie (ondervoorsitter), Christo Theron, Atel Theron (sekretaresse), Bianca Koen (tesourier) en Wessels Bouwer. Foto: Hennes Visser Lees Meer…
NG Kerk Hartenbos skenk R50 000
Mosselbaai Advertiser Webwerf 10 Februarie 2012
Lees die berig op die Mosselbaai Advertiser se webwerf
MOSSELBAAI NUUS – Solidariteit Helpende Hand in die Suid-Kaap het onlangs ‘n skenking van R50 000 van die NG Kerk Hartenbos ontvang. Die fondse sal, op versoek van die kerk, vir ‘n streeksbeurs aangewend word. Lees Meer…
‘Helpende Hand’ nou ook op Delmas
STREEK NUUS 10 Feb 2012 Bladsy12
DIE motivering hiervoor is om deur middel van ‘n reeds bestaande (nie-winsgewende) organisasie ‘n wesentlike impak in ons omgewing en sy swaarkry mense te maak. Gaan besoek gerus die webbladsy www.helpendehand.co.za om jouself te vergewis van wie Solidariteit Helpende Hand is en wat gedoen word en skryf sommer in vir die weeklikse elektroniese nuusbriewe. Lees Meer…
Solidariteit se Helpende Hand verryk lewens
MEYERTON STER 13 Feb 2012 Bladsy 3
MEYERTON. – Solidariteit se Helpende Hand-tak in die dorp word tans vanuit tydelike geriewe by die Mooihawens Tehuis vir Haweloses bedryf.
STREEK NUUS 10 Feb 2012 Bladsy 16
Laerskool Eloff bedank Solidariteit se Helpende Hand vir die 50 stoelsakkies wat hulle aan die skool geskenk het. Dit bevat skryfbehoeftes wat eweredig verdeel sal word tussen die Graad 1 en Graad 2 leerlinge. Op die foto spog Isabelle du Plooy, Dorette du Toit, Louis van Niekerk en skoolhoof André Gildenhuys met ‘n aantal sakkies. Lees Meer…










