Studente van Europa besoek plakkers

Inwoners van die Eagle’s Nest-plakkerskamp buite Pretoria kon verlede week vir ‘n rukkie van hul probleme vergeet en hulle net aan lekker boeresport oorgee.

‘n Groep Nederlandse en Vlaamse uitruilstudente hetvandeesweek ‘n plakkerskamp – waar arm blankes woon – besoek.

Hulle het boeresport soos kruiwaresies met die inwoners, veral die kinders, gespeel.

Dit was ‘n dag van sing, speel, lag en pret.

Solidariteit Helpende Hand het die studente spesifiek na die plakkerskamp toe geneem om hulle bloot te stel aan die realiteite in Suid-Afrika soos die groeiende aantal Afrikaners wat in armoede verval.

“Die studente het eerstehands beleef wat die realiteit van baie arm Afrikaners is

wat daagliks sonder water, elektrisiteit en ander lewensmiddele moet klaarkom,” het dr. Danie Langer, direkteur

van Helpende Hand gesê.

“Die 100 inwoners van die plakkerskamp lewe in haglike omstandighede waar hulle elke dag aan die natuurelemente blootgestel is.”

Die studente het Suid-Afrika besoek as deel van die Jongerenprojek.

As deel van die projek besoek studente die land reeds sedert die 1970′s om taal en

kultuurbande tussen Nederland en Suid-Afrika te versterk.

Die studente is vir drie weke in Suid-Afrika.