Onderskeie Beurse
Solidariteit Beurslenings
Die beurslening is beskikbaar vir lede van Solidariteit en hul kinders vir studie by enige geakkrediteerde tersiêre instelling of Universiteit. Die beurslening betaal òf R5 000,00 òf R10 000,00 per suksesvolle aansoeker per jaar uit en is rente-vry terugbetaalbaar sodra die student afgestudeer is. Die aansoeker kan die aansoekvorm van die webwerf aflaai na 1 Mei 2012 of ‘n aansoekvorm aanvra by bogemelde besonderhede. Let asb daarop dat beurslening aansoekvorms slegs beskikbaar is by Hoofkantoor.
Sol-Tech Studie- en Verblyf Beurslening
Voornemende studente moet direk met Sol-Tech skakel by 012 755 7148 of 012 755 5687 om toegelaat te word. Sodra die student toelating bekom het by Sol-Tech kan hulle met ons skakel vir finansiële hulp. In die verlede is daar slegs beurslenings ten opsigte van die student se studies aan Sol-Tech studente geallokeer. Solidariteit Helpende Hand, in samewerking met die Solidariteit Groeifonds het egter op 12 September 2009 die Verblyfbeurslening bekendgestel. Die beurslening is uitsluitlik beskikbaar aan Sol-Tech studente. Studente wat 80km of verder buite Pretoria woonagtig is en genoodsaak is om losies/verblyf nader aan die kampus te bekom kan nou moontlik vir ‘n verblyfbeurslening kwalifiseer.
Studente kan in die volgende studierigtings gaan studeer:
• Elektriese Ingenieurswese,
• Motorvoertuig Instandhouding en Herstel, Megatronika,
• Meganiese Ingenieurswese, en
• Monitering en Masjinering.
Die aansoeker kan die aansoekvorm van die webwerf aflaai na 1 Mei 2012 of ‘n aansoekvorm aanvra by bogemelde besonderhede. Let asb daarop dat beurslening aansoekvorms slegs beskikbaar is by Hoofkantoor.
Onafhanklike Gemeenskapsbeurse
Die beurslening word gefinansier deur sakemanne en klein besighede om studente wat in spesifieke studierigtings studeer te finansier. Die beurslening betaal na gedrang van die spesifieke beursvoorwaardes, per suksesvolle aansoeker per jaar uit en is rente-vry terugbetaalbaar sodra die student afgestudeer is. Die aansoeker kan die aansoekvorm van die webwerf aflaai na 1 Mei 2012 of ‘n aansoekvorm aanvra by bogemelde besonderhede. Let asb daarop dat beurslening aansoekvorms slegs beskikbaar is by Hoofkantoor.
Sheldean Human Gedenkbeursfonds
Hierdie beurslening is vir enige doktorale student wat ‘n SA-burger is en wie se navorsing oor maatskaplike kwessies of die kind in Suid-Afrika gaan. Die beurslening betaal R 10 000-00 per suksesvolle aansoeker per jaar uit en is rente-vry terugbetaalbaar sodra die student afgestudeer is. Die aansoeker kan die aansoekvorm van die webwerf aflaai na 1 Mei 2012 of ‘n aansoekvorm aanvra by bogemelde besonderhede. Let asb daarop dat beurslening aansoekvorms slegs beskikbaar is by Hoofkantoor.
Rapport Onderwysfonds Beurslening
Vanaf 1 Februarie 2009 administreer die Afrikaanse Beursinstituut die Rapport Onderwys Fonds. Aansoeke is jaarliks oop tussen 1 Mei en 31 Augustus vir die daaropvolgende jaar.
Besoek Rapport Onderwys Fonds webblad by www.rof.org.za.
Word vandag nog deel van die oplossing!
Die toekoms van ons Jeug lê in elkeen van ons se hande. U kan ’n verskil maak deur ’n helpende hand uit te reik na minderbevoorregte studente deur ‘n bydrae te lewer tot ’n jongmens se studies. Donasies kan gemaak word aan die Afrikaanse Beursinstituut of u kan selfs u eie Beursfonds stig. Kontak Melani Gerber by 012 644 4428 of stuur ’n e-pos aan melani@helpendehand.co.za.









