Beurse
Die Solidariteit Helpende Hand Beursfonds is in 2003 gestig om die behoefte van Solidariteit lede en hul kinders ten opsigte van finansiële hulp vir tersiêre opleiding te help bevredig.
Solidariteit Helpende Hand bestee jaarliks Miljoene Rande om verdienstelike studente, wat andersins nie kon studeer nie, te help. Hierdie studente bestaan uit lede van die vakbond Solidariteit, persone wat maandelikse bydrae tot Helpende Hand lewer en hul kinders. Indien jy nog nie ‘n lid van Solidariteit of ‘n ondersteuner van Helpende Hand is nie kan jy nou aansluit om ook in aanmerking te kom vir ‘n beurslening.
AKADEMIA
Akademia is ʼn inisiatief van Solidariteit en is ʼn privaat verskaffer van Hoër Onderwys kwalifikasies in Afrikaans wat daarop gemik is om mense gekwalifiseerd en indiensneembaar te maak. Akademia bied tans 4 programme aan. Registrasie is vanaf 6 tot 11 Februarie 2012. Sodra ʼn voornemende student geregistreer is kan hulle by Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut aansoek doen vir ʼn studielening. Vir meer navrae rondom Akademia skakel 0861 222 888.
Besoek Akademia se webblad by www.akademia.ac.za.
Akademia se 4 programme:
- Hoër Sertifikaat in Gemeenskapsontwikkeling, vlak 5, SAQA ID nommer: 86486
- Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde, vlak 5, SAQA ID nommer: 86487
- Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie, vlak 5, SAQA ID nommer: 86526
- Diploma in Kleinsakebestuur en Entrepreneurskap, vlak 6 SAQA ID nommer: 86506









