Maak jou leefstyl een met ʼn ritme van omgee

Deur Lindie Strydom

Jou leefstyl ritme weerspieël jou identiteit, jou fokus en prioriteite…

Ons almal het tog 24 uur in ʼn dag en sewe dae in ʼn week, maar KIES self wat ons wil inpas in daardie geleende minute, ure en dae. Sommiges wil glo tyd hol met hulle weg, maar dit kan nie. Jy KIES. Jy BESLUIT – bewustelik of outomaties – om jou dag, week en jaar in te deel volgens dit wat vir jou belangrik is. As jou prioriteite herhaal en dit dag na dag en week na week belangrik genoeg is om jou dagboek, kalender, Outlook en selfoon reminders te haal, word dit uiteindelik ʼn gewoonte en ʼn natuurlike RITME… Jy hoef nie meer so hard te beplan en te oorweeg en te oordink en te begroot nie. Jy doen dit omdat dit net eenvoudig is wie jy is en waarin jy glo en waarvoor jy staan.

Solidariteit Helpende Hand het vanjaar ʼn Ritme-veldtog van stapel gestuur om mense juis hieraan te herinner. Wat is jou natuurlike ritme?

 

Ek is…

studies, sport, speel en slaap

vakansie, vriende, familie en werk

kerk, koerant lees, kook en kinders

eposse, projekte, google en facebook

TV-kyk, tuinmaak, tee-drink en troeteldiere

Is jou ritme regtig in harmonie met jou hart en roeping?

Ek wil…

graag mense help

ʼn verskil maak en betrokke wees in my gemeenskap

deel wees van ʼn oplossing vir die armoedeuitdaging van my land

deel wees van iets wat hoop bring en werk skep en volhoubare antwoorde implementeer waar ander net vrae vra en probleme sien.

Laat jou voorneme om betrokke te raak in jou gemeenskap hierdie jaar oorgaan tot aksie. Gee gereeld, met ʼn plan, daar waar dit regtig ʼn verskil maak. Met ʼn ritme.

Deur by Helpende Hand betrokke te raak, kan jy met ʼn ritme omgee en gee. Die omvattende dienswaardeketting bied ʼn deurlopende begeleidingsproses wat geestelike- kulturele- en maatskaplike armoede aanspreek en ʼn kleuter, kind, student en jongmens uiteindelik help om voor te berei vir die wêreld van werk.

Deur by te dra tot die Kosblikkie-projek help jy om voedingskemas met goed gebalanseerde maaltye vir kleuters by behoeftige kleuterskole op die been te bring. Jy help ook om kleuterskool-assistente op te lei sodat hulle hierdie kinders skoolgereed kan wees in graadeen.

Deur by te dra tot die Skooltassie-projek help jy om ʼn behoeftige, Afrikaanssprekende graadeen die geleentheid te gee om sy of haar skoolloopbaan op ʼn gelyke voet met maats en met selfvertroue te begin.

Deur by te dra tot die Borg-ʼn-Kind-projek help jy ʼn tak om ʼn kind aan die hand te vat en te voldoen aan die behoeftes wat met ʼn skoolloopbaan gepaard gaan: skoolleiding, beroepsleiding, psigometriese en vakkeuse toetse en loopbaan-raad.

Deur by te dra tot die Afrikaanse Beursinstituut gee jy ʼn jongmens die geleentheid om self by te dra tot sy of haar toekomsplan. Om ook deel te word van die oplossing.

Kies dit! Gee jou 2012 ʼn ritme van gee!

Luister gerus na Lindie Strydom se radio-programme oor dié veldtog by die volgende skakels:

http://www.solidariteitradio.co.za/program-van-hoop-29/

http://www.solidariteitradio.co.za/program-van-hoop-30/

http://www.solidariteitradio.co.za/program-van-hoop-31/